ONS GESKIEDENIS

Die geleentheid het sy bestaan gehad as die Brahmaan Nasionale Kampioenskap wat die grootste enkelras kampioenskap van alle beesrasse in Suid-Afrika was en steeds is. Die Brahmaan Nasionale Veiling word ook sedert die eerste aanbieding, elke jaar tydens die geleentheid aangebied. In 2014 is die Brahmaan Wêreld Kongres as deel van die geleentheid aangebied wat een van die grootste internasionale vee geleenthede nog in SA was.

Die geleentheid wat as die ALE skou  (African livestock Expo) bekend gestaan het, het gegroei tot  ʼn volwaardige skou wat meer rasse insluit as net die Brahmaan ras asook ander spesies soos kleinvee, perde en honde. Om reg aan die formaat te laat geskied, is die naam verander na die Parys Alle Ras skou.

Toekoms

Die geleentheid posisioneer homself as ʼn geleentheid wat nie net alle beesrasse insluit nie, maar ook ander spesies relevant tot die veeboer. Die geleentheid is reeds die grootste skou in die tweede helfte van die jaar en beplan om homself te vestig as ‘n prominente skou vir die tweede helfte van die jaar. Ons werk ook reeds nou saam met ander skoue en ekspo’s in SA om ons deel in die skou- en ekspobedryf van landbou, by te dra.