’n Skou vir elke boer en elke ras

Kom beleef een van Suid-Afrika se mees dinamiese vee-tentoonstellings! Dié skou bring ’n wye verskeidenheid beesrasse, kleinvee, pluimvee, konyne, honde en perde onder een dak. Met hoogtepunte soos die Old Mutual Interras Kampioenskap, die Lamb Champs, Nasionale Veiling, karkaskompetisies en skaaphond-demonstrasies, is daar iets vir elke veeboer en -entoesias.

lees meer skou program kontak ons

Verskeie raskampioenskappe, Interras Kampioenskap, Mega-os kompetisie en die BKB Brahmaan Veiling vorm die kern van die beeskalender.

Slaglambeoordeling, karkaskompetisie, en die gewilde Lamb Champs op Saterdag.

Alleras klasse en ruiterkuns Vrydag en Saterdag – ’n vertoonvenster vir die perdewêreld.

Die hondevertoning bied topgehalte werks- en gesinshonde van regoor die land.

Uitstallings vir publiek oop vanaf Dinsdag – kleurvolle vertonings van hoenders, eende, duiwe en konyne.

Tegnologie en styl ontmoet mekaar by die Invitro Africa werkswinkel en die Old Mutual Parys Alle Ras Skou. Netwerk en kuier saam by die Verwelkomingsbraai, Kaas & Wyn, en die Parys Alle Ras Dinee met prysuitdeling.

Uitstallingsgeleentheid vir
landbouprodukte van gehalte

Bespreek jou uitstalruimte en neem deel aan een van Suid-Afrika se voorste veeskoue. Kontak ons vandag om jou plek te verseker of om borgopsies te bespreek.